
'n LIGHUIS
in die Ooste van
PRETORIA!
Jy kan deel word van die groeiende
Pharos-familie en hande vat vir 'n nuwe gemeenskap.
Ons nooi jou uit om deel te word van ons wenspan!
Wat beteken Pharos
“Pharos” beteken “vuurtoring/lighuis” en is 'n baken van lig, lewe en hoop vir die plaaslike gemeenskap!
Die sentrum is die basis van 'n Christelike gemeenskapsorganisasie wat geïnspireer word deur die woorde van Jesus Christus:
“Ek is die lig vir die wêreld . . . Julle is die lig vir die wêreld.” (Johannes 8:12 en Matteus 5:14)

Doelstellings
Ons dien die gemeenskap deur ondersteuningsdienste aan mense wat enige vorm van nood ervaar.
Ons help behoeftiges om 'n selfstandige en menswaardige bestaan te voer.
Ons loods en ondersteun volhoubare ontwikkelingsprojekte.
Ons stel mense in staat om betrokke te raak by nood in hulle eie gemeenskap.
Ons netwerk met ander gemeenskapsorganisasies (bv kerke, skole, SAPD, veiligheidsforums en die Christelike Maatskaplike Raad).
Ons netwerk met die sakegemeenskap om saam 'n beter toekoms te skep.
