Raak betrokke

Meld aan as Vriend van Pharos en ontvang ons nuusbriewe


Jy kan deel word van die groeiende Pharos-familie en hande vat vir 'n nuwe gemeenskap. Ons nooi jou uit om deel te word van ons wenspan! Vriende van Pharos se gebede, tyd, bronne, vaardighede en kontakte word saamgevoeg om te bou aan 'n gesonde samelewing.

Ons benodig

Enige klere, oud of nuut.


Ons ontvang graag gebruikte klere. Dit word versprei na behoeftige individue, gesinne en instansies. Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.

Kruideniersware


Groot hoeveelhede kos word maandeliks versprei na hulpbehoewendes. Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.

Kruidenierswarelys

Belastingvrystelling

As geregistreerde Nie-winsgewende Organisasie (NWO) en ook as Openbare Weldaad Organisasie (OWO) kwalifiseer donasies vir Belastingvrystelling. Belastingsertifikate word aan die einde van die finansiële jaar uitgereik.

NWO Registrasieno: 068-688-NPO
OWO Vrystellingsno: 930 028 547


Pharos is 'n geloofsonderneming wat afhanklik is van die bydraes van "Vriende van Pharos", asook ander individue, besighede en maatskappye wat ons visie ondersteun.

Bankbesonderhede

Pharos Gemeenskapsentrum
ABSA, Menlynpark (335 645)
Spaarrekeningno: 921 992 7266

Snapscan


 

Pharos