Ons Projekte

Hier is wat ons doen.
Beradingsdienste

Trauma: dit sluit misdaadverwante trauma, maar ook enige persoonlike trauma in,

  • soos onverwerkte verliese en rousmart.
  • Emosionele Probleme
  • Huweliksprobleme
  • Gesinsprobleme
  • Substansmisbruik
Haweloses en Werkloses

Persone moet 08h00 by Pharos wees waar hulle die “Life skills”-kursus deurloop, rantsoenpakke ontvang en waar nodig ook verder begelei word deur die projekspan en Maatskaplike Werker. 

Kersdagprojek

Haweloses wat in die Ooste van Pretoria rondswerf op Kersdag het waarskynlik nie die finansiële vermoë om na familie/vriende te reis nie. Hierdie projek voorsien in hulle basiese lewensbehoeftes (toiletware, nie-bederfbare produkte, ens), asook ’n “bederfie” (soos koekies). ’n Nuwe Testament in ’n Afrika-taal met ’n gepaste Kersboodskap word ook ingesluit.

Kos aan straatbedelaars

Om seker te maak dat mense van genoeg kos voorsien word, het ons `n Uitreikaksie na hierdie mense begin onder leiding van Stephanie Engelbrecht.

Kosbediening

Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.

Klerebediening

Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.

Trudreams

Die doel van hierdie projek is om ‘n geleentheid vir ‘n matrikulant uit ‘n behoeftige agtergrond te skep. Dit word bewerkstellig deur ‘n wye verskeidenheid skenkings in aanddrag (in verskillende style) en bypassende bykomstighede soos handsakke, juweliersware ens. Ons maak selfs voorsiening vir die seuns met ’n paar formele pakke klere en ’n paar skoene.

Skryfbehoefteprojek

Die kinders word geïdentifiseer deur personeel en maatskaplike werkers van skole in die omgewing, asook deur die plaaslike CMR. Pakkette word aangekoop vir die verskillende grade, sodat die leerders gereed is vir die nuwe skooljaar.

Chics@Pharos

Gemeenskapsnetwerke word hiervoor gebruik deur “Chics officers” se fasilitering van ’n netwerk tussen kinders, ouers, dagsorgsentrums, kerke, skole en ander belanghebbendes. Deur hierdie proses word rolspelers gelei tot die ontdekking van hulle eie vermoëns en bronne om huishoudings se lewenskwaliteit te verbeter. Pharos ondersteun die Mamelodi-tak van hierdie projek.

Kontak: Catherine Senyolo: 076 892 0470 catherinesenyolo@nova.org.za

Projek Hanna

Dit bemagtig hulle om uiteindelik vir hulself beter te kan sorg en `n inkomste daaruit te verdien.

Half/Time

Dit is ook ‘n tyd om oogkontak met God te maak en jou unieke opdrag te kry vir die tweede helfte van jou lewe. HALF/TIME bestaan uit die bywoning van ʼn Inligtingsessie of Seminaar – vir jou om te bepaal of jy in HALF/TIME is of nie, wat dan opgevolg kan word met ʼn HALF/TIME reis van een jaar – met 10 Forum sessies (een sessie per maand), saam met ʼn klein groep mede-Christene – om jou toepaslik voor te berei vir die tweede helfte.

 Lees gerus die HALFITIME boek  van Bob Buford – en besoek: www.halftimesa.co.za vir meer inligting. Kontak Rudi by: Projekte@Pharos.org.za

GBI - Gemeenskaps-besigheidsinisiatief

Daar word tans beraam dat `n minimum van 4 000 huishoudings direk daardeur geraak word. Gevolglik kan ons as die liggaam van Christus nie apaties staan teenoor die nood nie en bring dit ons in beweging om iets daaraan te doen.

Die primêre fokus van die GBI is die ontsluiting van besigheidspotensiaal deur:

  • Die totstandkoming van klein interaktiewe ondersteuningsgroepe met `n besigheidsontwikkelingsfokus en
  • Om die ontwikkeling van volhoubare, winsgewende gemeenskapsbesighede van Christene te ondersteun.
JY KAN NOOD VERLIG!​
Is dit dalk op jou hart om mense in nood by te staan, op te rig of op te lei? Om weer 'n kans in die lewe te hê.