Wie is ons
Ons webblad adres : https://pharos.org.za/
Hierdie Privaatheidsbeleid is om 08 Mei 2021 opgedateer.
Persoonlike data wat ons versamel en hoekom ons dit versamel
Instemming om persoonlike inligting te verwerk, ingevolge die Wet op die Beskerming van Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
In terme van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA), Artikel 14 van die Handves van Regte in die Grondwet het elkeen die grondwetlike reg op privaatheid, insluitend die reg op die wettige versameling, bewaring, verspreiding en gebruik van hul persoonlike inligting.
Deur voort te gaan met die gebruik van hierdie webwerf en/of ons sosiale media-bladsye en deur te reageer op enige e-poskommunikasie van ons, bevestig u onvoorwaardelik en onherroeplik u aanvaarding van die privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes hieronder uiteengesit in ooreenstemming met POPIA behalwe waar POPIA uitsonderinge voor maak. Die mees onlangse weergawe van die Privaatheidsbeleid en gebruiksvoorwaardes deligeer die onderskeie regte en verpligtinge tussen u en ons reguleer.
Let daarop dat deur inligting via hierdie webwerf, ons sosiale media en e-pos in te dien, u toestemming gee vir die versameling, verwerking en berging van sodanige inligting en die gebruik en bekendmaking van sulke inligting in ooreenstemming met die privaatheidsbeleid.
Ons beveel aan dat u hierdie privaatheidsbeleid lees voordat u inligting op hierdie webwerf indien.
Eienaar en persoon wat aanspreeklik is: Pharos Gemeenskapsentrum
Met die e-pos van: info@pharos.org.za
Definisies
“COOKIES” ‘n klein stukkies data wat op u toestel gestoor word (rekenaar of mobiele toestel).
TOESTELINLIGTING As u hierdie webwerf besoek, versamel ons outomaties sekere inligting oor u toestel, insluitend inligting oor u webblaaier, IP-adres, tydsone en sommige van die “Cookies” wat op u toestel geïnstalleer is. As u die webwerf besoek, versamel ons ook inligting oor die individuele webbladsye of produkte wat u sien, watter webwerwe of soekterme u gebruik het om na die webwerf te soek, en inligting oor hoe u die webwerf besoek. Ons verwys na hierdie outomaties versamelde inligting as “Toestelinligting”.
PERSOONLIKE DATA
Persoonlike data beteken inligting wat betrekking het tot ‘n identifiseerbare, lewende, natuurlike persoon, en waar van toepassing, ‘n identifiseerbare, bestaande regspersoon.
VERANTWOORDELIKE PARTY
Verantwoordelike Party beteken ‘n openbare of private liggaam of enige ander persoon wat alleen of in samewerking met ander, die doel en die verwerking van Persoonlike Data bepaal. Ons is ‘n verantwoordelike party met betrekking tot die persoonlike data wat ons versamel en verwerk in ooreenstemming met hierdie privaatheidsbeleid.
DIENS
Diens is die webwerf www.pharos.org.za en e-pos of ander bemarkingsveldtogte onder dieselfde domein wat deur Pharos Gemeenskapsentrum bedryf word.
GEBRUIKSDATA
Gebruiksdata is data wat outomaties versamel word, óf gegenereer word deur die gebruik van die diens óf uit die diensinfrastruktuur self (insluitend inligting soos u rekenaar se internetprotokoladres (IP-adres), blaaier tipe, blaaier weergawe, die bladsye van ons diens wat u besoek, die tyd en datum van u besoek, die tyd wat u op hierdie bladsye spandeer, unieke toestel-identifiseerders en ander diagnostiese data).
ONS of PHAROS GEMEENSKAPSENTRUM
Pharos Gemeenskapsentrum met NPO nommer 068-688
WEBWERF
www.pharos.org.za, en/of van sy bladsye of argitektoniese komponente.
Inligting wat ons versamel
Ons versamel die volgende soorte inligting:
DATA WAT ONS MAG VERSAMEL
U magtig ons om enige van die volgende persoonlike data van u te versamel. Waar u persoonlike inligting oor ander deel, waarborg u ons dat u gemagtig is om dit namens ander te doen:
• E-pos adres
• Voornaam en van
• Telefoon nommer
OPSPORING, “COOKIES”, WEB-BAKENS & SOORTGELYKE TEGNOLOGIE
Ons gebruik “Cookies” en soortgelyke tipes opsporingstegnologie om die aktiwiteite op ons Diens op te spoor en sekere inligting te bevat. “Cookies” is lêers met ‘n klein hoeveelheid data wat ‘n anonieme en unieke identifiseerder kan bevat. “Cookies” word vanaf ‘n webwerf na u blaaier gestuur en word op u toestel gestoor.
“Cookies“
As u kommentaar op ons webwerf lewer, kan u kies om u naam, e-posadres en webwerf in “cookies” te stoor. Dit is vir u gemak, sodat u nie weer u besonderhede hoef in te vul as u ‘n nuwe opmerking lewer nie. Hierdie “cookies” sal vir een jaar gestoor word.
As u ons aanmeldbladsy besoek, sal ons ‘n tydelike “cookie” instel om te bepaal of u blaaier “cookies” aanvaar. Hierdie “cookie” bevat geen persoonlike data nie en word verwyder as u u blaaier sluit.
As u ‘n artikel wysig of publiseer, sal ‘n addisionele “cookie” in u blaaier gestoor word. Hierdie “cookie” bevat geen persoonlike data nie en dui bloot die pos-ID aan van die artikel wat u pas gewysig het. Dit verval na 1 dag.
Geïntegreerde inhoud van ander webwerwe
Artikels wat gepubliseer is op hierdie webwerf kan geïntegreerde inhoud bevat (bv. Video’s, beelde, artikels, ens.). Geïntegreerde inhoud van ander webwerwe – behandel die besoeker presies op dieselfde manier asof die besoeker die ander webwerf besoek het.
Hierdie webwerwe kan data oor u versamel, “cookies” gebruik, dit kan addisionele opsporing van derdepartye insluit en u interaksie met die geïntegreerde inhoud monitor, insluitend die opsporing van u interaksie met die geïntegreerde inhoud, as u ‘n rekening het en op daardie webwerf aangemeld is.
Die gebruik van u private data
- Om ons Diens te lewer en dit in stand te hou;
- Om u in kennis te stel van veranderinge aan ons Diens;
- Om u in staat te stel om deel te neem aan interaktiewe funksies van ons Diens wanneer u dit verkies;
- Om kliënte-ondersteuning te bied;
- Om ons bestellings en besprekings te ondersoek vir moontlike risiko’s of bedrog;
- Om waardevolle inligting of te analiseer in te versamel sodat ons ons diens kan verbeter;
- Om die gebruik van ons Diens te monitor;
- Om tegniese probleme op te spoor, te voorkom en aan te spreek;
- In ooreenstemming met u voorkeure (wat met ons gedeel is); om nuus, spesiale aanbiedings en algemene inligting oor ander goedere, dienste en geleenthede wat ons aanbied, te voorsien. Dié is soortgelyk aan wat u alreeds gebruik het om navraag te doen omdat ons u kontak met die Pharos Gemeenskapsentrum-nuusbrief, aankondigings of bemarkingsmatefiaal en ander inligting wat vir u van belang kan wees. U en ander data-gebruikers kan verkies om enige of al hierdie bemarkingskommunikasies van ons te ontvang of te weier deur die afteken skakel se instruksies te volg in enige e-pos wat ons stuur, of deur ons te kontak by info@pharos.org.za
Die regsgrondslag vir die verwerking van persoonlike data ingevolge die Algemene Verordening Databeskerming (GDPR), is ‘n regulasie in die EU-wetgewing oor databeskerming en privaatheid vir alle individue binne die Europese Unie en die Europese Ekonomiese Gebied.
As u van die Europese Ekonomiese Gebied (EEG) af kom, hang die Pharos Gemeenskapsentrum se wetlike basis vir die versameling en gebruik van die persoonlike inligting wat in hierdie privaatheidsbeleid beskryf word, af van die Persoonlike Data wat ons versamel en die spesifieke konteks waarin ons dit versamel. Let daarop dat ons nie die dataversameling en gebruikspraktyke van ons webwerf verander as ons ‘n Do Not Track-teken van u blaaier sien nie.
Hoe versamel ons u data
Pharos Gemeenskapsentrum sal Persoonlike Data direk versamel van die data onderhewig aan wie dit betrekking het tot, behalwe as:
- Die persoonlike inligting vervat in of verkry word uit ‘n openbare rekord
- Die betrokkene stem toe dat ons die persoonlike data van ‘n ander bron af versamel
- Die verwerking is in ons of ‘n derde party se wettige belange en dit bedreig nie die Regte van die Betrokkene nie
- Die verwerking is in die regmatige belang van die betrokkene of
- Ons is andersins gemagtig is om dit te doen in ooreenstemming met toepaslike wette.
Onderhewig aan die vooraangaande beperkings, kan Pharos Gemeenskapsentrum persoonlike data versamel van onder andere ons webwerf, persoonlik of telefonies, korrespondensie (in enige vorm), ons sosiale media platforms (insluitend maar nie beperk tot Facebook en Instagram nie), ons diensverskaffers, agente, verteenwoordigers, verskaffers en/of konsultante, uit openbare rekords en oor die algemeen wanneer ‘n betrokkene enige van ons dienste gebruik of produkte bestel.
Hoe lank bewaar ons u data
Pharos Gemeenskapsentrum behou slegs Persoonlike data wat deur ons versamel word volgens die bogenoemde metodes vir so lank as wat nodig is vir die doeleindes soos uiteengesit in hierdie privaatheidsbeleid. Ons sal ook Persoonlike data bewaar en gebruik in die mate wat nodig is om aan ons wetlike verpligtinge te voldoen, om dispute te hanteeren ons wetlike ooreenkomste en beleid te handhaaf.
Pharos Gemeenskapsentrum sal ook gebruiksdata vir interne analises bewaar. Gebruiksdata word gewoonlik vir ‘n korter tydperk bewaar, behalwe as hierdie data gebruik word om die veiligheid te versterk of om die funksionaliteit van ons Diens te verbeter, of ons wetlik verplig is om hierdie data vir langer tydperke te bewaar.
Wanneer u ‘n bestelling via die webwerf plaas, sal ons u bestellingsinligting vir ons rekords bewaar, tensy en totdat u ons vra om hierdie inligting te verwyder.
Regsvereistes en bekendmaking van persoonlike data
Pharos Gemeenskapsentrum kan Persoonlike Data aan enige van ons affiliasies bekend maak, soos die terme in die Maatskappywet nr. 71 van 2008 omskryf word, aan ons en hul werknemers, aan ons derdeparty-agente, diensverskaffers, verskaffers en kontrakteurs en aan enige ander derde partye met wie ons ‘n kommersiële verhouding het, maar slegs vir die doeleindes waarna verwys word onder die opskrif “GEBRUIK VAN PERSOONLIKE DATA VERSAMELING”. Pharos Gemeenskapsentrum kan ook die Persoonlike DATA van ‘n Betrokkene aan enige derde party bekend maak waar sodanige openbaarmaking nodig is:
• Om aan ‘n wetlike verpligtinge of toepaslike wetgewing te voldoen
• Om die regte of eiendom van Pharos Gesmeenskapsentrum te beskerm en te verdedig
• Om u wetlike belange te beskerm
• Om moontlike oortredings in verband met die diens te voorkom of te ondersoek
• Om die persoonlike veiligheid van gebruikers van die Diens of die publiek te beskerm
• Om te beskerm teen regsaanspreeklikheid
• Om op ‘n dagvaarding, lasbrief of om op ander wettige versoeke te reageer
As u ‘n rekening op hierdie webwerf het, of as u kommentaar gelaat het, kan u versoek om ‘n lêer te ontvang van die persoonlike data wat ons van u besit, insluitend alle data wat u aan ons gegee het. U kan ook versoek dat ons persoonlike inligting wat ons oor u het, moet uitvee. Dit sluit geen data in wat ons verplig is om vir administratiewe, wetlike of veiligheidsdoeleindes te bewaar nie.
Data wat oor grense gestuur word
Persoonlike data kan, onderhewig aan hierdie privaatheidsbeleid en toepaslike wette, gestuur word na – en geberg word op – rekenaars wat buite u staat, provinsie, land of wat in ‘n ander regeringsgebied geleë is, waar die databeskermingswette kan verskil as dié van u jurisdiksie.
Let daarop dat ons data, insluitend persoonlike data, na die area van die netwerk-bedieners van ons derdeparty-diensverskaffers, soos ons besprekingsplatforms, kan oordra en dit daar kan verwerk en geberg kan word. U toestemming tot hierdie privaatheidsbeleid, gevolg deur u voorlegging van sulke inligting, verteenwoordig u toestemming tot die oordrag.
Pharos Gemeenskapsentrum sal redelike stappe doen om te verseker dat u data veilig en in ooreenstemming met hierdie privaatheidsbeleid behandel word en dat daar geen grensoordrag van u Persoonlike data sal plaasvind nie, tensy daar voldoende beheer is, insluitend die veiligheid van u data en persoonlike inligting.
Sekuriteit
Die veiligheid van u data is vir ons belangrik, maar onthou dat geen metode van oordrag via die internet of elektroniese bergingsmetode 100% veilig is nie. Alhoewel ons daarna streef om kommersieel aanvaarbare middele te gebruik om u Persoonlike Data te beskerm, kan ons nie die absolute veiligheid daarvan waarborg nie.
U moet kennis dra van die bedrogpraktyk bekend as ‘phishing’, wat die onwettige versameling van persoonlike inligting deur misleiding is. Ons sal u so gou as moontlik in kennis stel van ‘n sekuriteitsrisiko wat u Persoonlike data beïnvloed en watter stappe gedoen word om die probleem op te los.
U regte
Data gebruikers (insluitend u) het onder andere die volgende regte op databeskerming ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting:
- Die reg om toegang tot u persoonlike data aan te vra;
- Die reg om, waar nodig, die regstelling, vernietiging of verwydering van hul persoonlike data aan te vra. U kan hierdie versoeke direk in u afdeling vir rekeningopstellings rig. As u nie self hierdie aksie kan uitvoer nie, kontak ons asseblief om u te help.
- Die reg om te versoek dat u persoonlike data reggestel word as dit onakkuraat of onvolledig is.
- Die reg om op redelike gronde met betrekking tot u spesifieke situasie beswaar aan te teken teen ons verwerking van u persoonlike data.
- Die reg om teen enige tyd beswaar te maak teen die verwerking van u Persoonlike Data vir direkte bemarking of ingevolge artikel 69 (3) (c) van die Wet.
Let wel dat ons u kan versoek om u identiteit te bevestig voordat u op sulke versoeke rig.
Datagebruikers het ook die reg om by ‘n databeskermingsowerheid te kla oor ons insameling en gebruik van hul persoonlike data.
Diensverskaffers
Ons kan derdeparty-ondernemings en individue in diens neem om ons diens (“diensverskaffers”) te vergemaklik, om die diens namens ons te lewer, om soortgelyke dienste te verrig of om ons te help met die ontleding van hoe ons Diens gebruik word.
Hierdie derde partye het slegs toegang tot Persoonlike Data om hierdie take namens ons uit te voer en is verplig om nie vir enige ander doel u data bekend te maak of te gebruik nie.
Analitici
Ons kan derdeparty-diensverskaffers gebruik om die gebruik van ons Diens te monitor en te ontleed. Hulle versamel inligting van u deur die gebruik van analitiese “cookies”.
GOOGLE ANALYTICS
Google Analytics is ‘n webanalisediens wat deur Google aangebied word wat webwerfverkeer monitor en rapporteer. Google gebruik die versamelde data om die gebruik van ons Diens op te spoor en te monitor. Hierdie data word met ander Google-dienste gedeel. Google mag die versamelde data gebruik om die advertensies van sy eie advertensienetwerk te kontekstualiseer en meer persoonlifk te maak. U kan dit onttrek om u aktiwiteit op die Diens beskikbaar te stel aan Google Analytics deur die Google Analytics-opt-out-blaaier-byvoeging te installeer. Die byvoeging voorkom dat Google Analytics JavaScript (ga.js, analytics.js en dc.js) inligting met Google Analytics kan deel oor u besoekaktiwiteite. Vir meer inligting oor die privaatheidspraktyke van Google, besoek gerus die webblad Google Privaatheid en voorwaardes: www.google.com/intl/en/policies/privacy/. U kan ook Google Analytics hier afmeld: https://tools.google.com/dlpage/gaoptout.
MAILCHIMP
Ons gebruik MailChimp om e-posse te stuur en aktiwiteit of gebrek daarvan op te spoor, insluitend webblaaie wat oopgemaak word of op geklik word. U het die opsie om die aflaai van foto’s tydelik of permanent toe te laat deur u voorkeure daarvolgens in te stel.
SKAKELS NA ANDER WEBBLAAIE
Ons diens kan skakels bevat na ander webwerwe (insluitend die van ons betalingsverwerker) wat nie deur ons bedryf word nie. As u op ‘n skakel van ‘n derdeparty klik, word u na die derde party se webwerf gestuur. Ons raai u aan om die gebruiksvoorwaardes en privaatheidsbeleid van elke webwerf wat u besoek, na te gaan. Ons het geen beheer oor en aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die inhoud, privaatheidsbeleid of praktyke van enige webwerwe of dienste van derdepartye nie.
KINDERPRIVAATHEID
Ons diens spreek niemand onder die ouderdom van 18 aan nie (“Kinders”). Ons versamel nie willens en/of wetens persoonlik identifiseerbare inligting van enigiemand onder die ouderdom van 18 nie. As u ‘n ouer of voog is en u weet dat u kind(ers) ons van persoonlike inligting voorsien het, kontak ons asseblief. As ons daarvan bewus word dat ons persoonlike data van kinders versamel het sonder om die toestemming van ouers te verifieer, neem ons stappe om die inligting van ons netwerk te verwyder.
Veranderings aan ons privaatheidsbeleid
Ons kan ons privaatheidsbeleid van tyd tot tyd opdateer. Ons sal u in kennis stel van enige veranderinge deur die nuwe privaatheidsbeleid op hierdie bladsy te plaas. Ons sal die datum van inwerkingtreding bo-aan hierdie privaatheidsbeleid opdateer na verandering van hierdie privaatheidsbeleid.
U word aangeraai om hierdie privaatheidsbeleid gereeld te hersien vir enige veranderinge. Veranderings aan hierdie privaatheidsbeleid is van krag wanneer dit op hierdie bladsy geplaas word.
Kontakbesonderhede
As u enige vrae het oor hierdie privaatheidsbeleid, kontak ons gerus by info@pharos.org.za