Meer oor ons

Ek is die lig vir die wêreld . . . Julle is die lig vir die wêreld.
Wat beteken Pharos
Pharos beteken lighuis en is 'n baken van lig, lewe en hoop vir die plaaslike gemeenskap.

Die sentrum is die basis van ‘n Christelike gemeenskapsorganisasie wat geïnspireer word deur die woorde van Jesus Christus:

“Ek is die lig vir die wêreld . . . Julle is die lig vir die wêreld.”

(Johannes 8:12 en Matteus 5:14)

Doelstellings
DIE PHAROS-SPAN

Virna van der Walt

As Bedieningskoördineerder verantwoordelik vir Pharos projekte asook die Administrasie en Finansies van Pharos is Virna verantwoordelik vir algemene sekretariële ondersteuning aan die Maatskaplike Werker, Pharosbestuur, Dagbestuur en Projekleiers. Sy behartig ook die algemene ontvangs by Pharos.

Annah Mine

Annah is die projekleier van die Sepedi-bediening. Sy gee geestelike, emosionele en praktiese leiding in verskeie Afrika tale. Sy is ook verantwoordelik vir sekere kantoorpligte by Pharos.

Fanie Kerkhoff

Fanie is die Voorsitter van Pharos Bestuur en verteenwoordig Pharos by Lux Mundi Gemeente. Hy is ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester met meer as 20 jaar ondervinding in die professionele en finansiële dienste industrieë. Hy was 15 jaar Ouditeur by PWC en is huidiglik Bestuurder: Beleggingsadministrasie by AVBOB.

Barry Swanevelder

Barry Swanevelder is die Tesourier van Pharos Bestuur. Hy het meer as 35 jaar ondervinding waartydens hy ‘n Honneursgraad in Finansiële Bestuur asook ‘n MBA-kwalifikasie ook behaal het. Sy spesialisasieveld is belasting en hy is tans die Streeksbestuurder by PSG: Northern Wealth.

Ons vennote
JY KAN NOOD VERLIG!​
Is dit dalk op jou hart om mense in nood by te staan, op te rig of op te lei? Om weer 'n kans in die lewe te hê.