Meer oor ons
Ek is die lig vir die wêreld . . . Julle is die lig vir die wêreld.
Wat beteken Pharos
Pharos beteken lighuis en is 'n baken van lig, lewe en hoop vir die plaaslike gemeenskap.
Die sentrum is die basis van ‘n Christelike gemeenskapsorganisasie wat geïnspireer word deur die woorde van Jesus Christus:
“Ek is die lig vir die wêreld . . . Julle is die lig vir die wêreld.”
(Johannes 8:12 en Matteus 5:14)
Doelstellings
- Ons dien die gemeenskap deur ondersteuningsdienste aan mense wat enige vorm van nood ervaar.
- Ons help behoeftiges om 'n selfstandige en menswaardige bestaan te voer.
- Ons loods en ondersteun volhoubare ontwikkelingsprojekte.
- Ons netwerk met ander gemeenskapsorganisasies (bv kerke, skole, SAPD, veiligheidsforums en die Christelike Maatskaplike Raad).
- Ons netwerk met die sakegemeenskap om saam 'n beter toekoms te skep.
DIE PHAROS-SPAN

Virna van der Walt
Pharos Bestuurder en Koordineerder vanaf 1 Maart 2025. Om algehele bestuur, koördinering en administratiewe ondersteuning te verskaf aan Pharos se projekte, personeel en bestuurstrukture, met verantwoordelikheid vir finansiële bestuur en die fasilitering van doeltreffende dienslewering. Ondersteun Terapeute met skedulering, administrasie en hulpbronbestuur.

Annah Mine
Annah is die projekleier van die Sepedi-bediening. Sy gee geestelike, emosionele en praktiese leiding in verskeie Afrika tale. Sy is ook verantwoordelik vir sekere kantoorpligte by Pharos.

Ilze vd Westhuizen
Ilze van der Westhuizen is Voorsitter vanaf 1 Maart 2025

Barry Swanevelder
Barry Swanevelder is die Tesourier van Pharos Bestuur. Hy het meer as 35 jaar ondervinding waartydens hy ‘n Honneursgraad in Finansiële Bestuur asook ‘n MBA-kwalifikasie ook behaal het. Sy spesialisasieveld is belasting en hy is tans die Streeksbestuurder by PSG: Northern Wealth.
