'n LIGHUIS IN DIE OOSTE VAN PRETORIA!

“Pharos” beteken “vuurtoring/lighuis” en is 'n baken van lig, lewe en hoop vir die plaaslike gemeenskap! Die sentrum is die basis van 'n Christelike gemeenskapsorganisasie wat geïnspireer word deur die woorde van Jesus Christus: “Ek is die lig vir die wêreld . . .Julle is die lig vir die wêreld.” (Johannes 8:12 en Matteus 5:14)


Doelstellings

- Ons dien die gemeenskap deur ondersteuningsdienste aan mense wat enige vorm van nood ervaar;
- Ons help behoeftiges om 'n selfstandige en menswaardige bestaan te voer;
- Ons loods en ondersteun volhoubare ontwikkelingsprojekte;
- Ons stel mense in staat om betrokke te raak by nood in hulle eie gemeenskap;
- Ons netwerk met ander gemeenskapsorganisasies (soos kerke, skole, die SAPD, veiligheidsforums en die Christelike Maatskaplike Raad), asook met die sakegemeenskap om saam 'n beter toekoms te skep.

Pharos Personeel

Team-Updated2

Annalie Taute

Annalie is ‘n Senior Maatskaplike Werker wat ook die Voorsitter van die Dagbestuur is. Sy neem leiding ten opsigte van algemene bestuursake, beleid en gemeenskapsprojekte. Annalie is ook verantwoordelik vir leiding aan nuwe en voornemende Projekleiers, asook skakeling met instansies in die breë gemeenskap.
Team-Updated4

Marlene Coetzee

As Bedieningskoördineerder verantwoordelik vir Pharos projekte asook die Administrasie en Finansies van Pharos is Marlene verantwoordelik vir algemene sekretariële ondersteuning aan die Maatskaplike Werker, Pharosbestuur, Dagbestuur en Projekleiers. Sy behartig ook die algemene ontvangs by Pharos.

Team-Updated

Annah Mine

Annah is die projekleier van die Sepedi-bediening. Sy gee geestelike, emosionele en praktiese leiding in verskeie Afrika tale. Sy is ook verantwoordelik vir sekere kantoorpligte by Pharos.
Team-Updated-6-6

Fanie Kerkhoff

Fanie is die Voorsitter van Pharos Bestuur en verteenwoordig Pharos by Lux Mundi Gemeente. Hy is ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester met meer as 20 jaar ondervinding in die professionele en finansiële dienste industrieë. Hy was 15 jaar Ouditeur by PWC en is huidiglik Bestuurder: Beleggingsadministrasie by AVBOB.

Team-Updated5

Barry Swanevelder

Barry Swanevelder is die Tesourier van Pharos Bestuur. Hy het meer as 35 jaar ondervinding waartydens hy ‘n Honneursgraad in Finansiële Bestuur asook ‘n MBA-kwalifikasie ook behaal het. Sy spesialisasieveld is belasting en hy is tans die Streeksbestuurder by PSG: Northern Wealth.