
Beradingsdienste
Die Maatskaplike Werker (Annalie Taute) lewer beradingsdienste aan volwassenes en tieners ten opsigte van:
• Trauma: dit sluit misdaadverwante trauma, maar ook enige persoonlike trauma in,• soos onverwerkte verliese en rousmart.
• Emosionele Probleme
• Huweliksprobleme
• Gesinsprobleme
• Substansmisbruik

Job Seekers Forum
By Job Seekers Forum is die fokus op praktiese aspekte. Persone wat “tussen werke” is, word toegerus met kennis en vaardighede ten opsigte van die volgende onderwerpe:
> Voorbereiding vir `n onderhoud
> Die Opstel van `n Resumé
> Hoe om navorsing oor `n maatskappy te doen
> Hoe om jou eie vermoëns en vaardighede te bemark
> Toepaslike kleredrag vir `n onderhoud
> Wenke om geld te spaar terwyl jy “tussen werke” is, ens
Projekleier: Annelize Els
> Voorbereiding vir `n onderhoud
> Die Opstel van `n Resumé
> Hoe om navorsing oor `n maatskappy te doen
> Hoe om jou eie vermoëns en vaardighede te bemark
> Toepaslike kleredrag vir `n onderhoud
> Wenke om geld te spaar terwyl jy “tussen werke” is, ens
Projekleier: Annelize Els
Kosprojek
Groot hoeveelhede voedsel word weekliks versprei na behoeftige individue en gesinne. Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.
Haweloses en Werkloses
Haweloses/werkloses word elke Donderdagoggend bedien. Persone moet 08h00 by Pharos wees waar hulle die “Life skills”-kursus deurloop, rantsoenpakke ontvang en waar nodig ook verder begelei word deur die projekspan en Maatskaplike Werker. Na suksesvolle voltooiing van die program ontvang hulle elkeen ’n sertifikaat wat hulle in ’n beter posisie plaas om werk te kry.
Klereprojek
Groot hoeveelhede klere word weekliks versprei na behoeftige individue, gesinne en instansies. Begunstigdes word noukeurig geëvalueer deur die Maatskaplike Werker.
Trudreams
Ons ondersteun Matrikulante op 'n vrygewige manier om hulle in staat te stel om hierdie baie spesiale aand te geniet. Die doel van hierdie projek is om 'n geleentheid vir 'n matrikulant uit 'n benadeelde agtergrond te skep. Dit word bewerkstellig deur 'n wye verskeidenheid skenkings in aanddrag (in verskillende style) en bypassende bykomstighede soos handsakke, juweliersware ens. Ons maak selfs voorsiening vir die seuns met 'n paar formele pak klere en 'n paar skoene te voorsien.
Kersdagprojek
"Hampers” vir Haweloses
Haweloses wat in die Ooste van Pretoria rondswerf op Kersdag het waarskynlik nie die finansiële vermoë om na familie/vriende te reis nie. Hierdie projek voorsien in hulle basiese lewensbehoeftes (toiletware, nie-bederfbare produkte, ens), asook ’n “bederfie” (soos koekies). ’n Nuwe Testament in ’n Afrika-taal met ’n gepaste Kersboodskap word ook ingesluit.